Die wildsplaas
konsep in Suid Afrika is 'n unieke wêreldkonsep. Shayamanzi is 'n privaat wildsplaas in die
Waterberge. Die wildsplaaslewe op Shayamanzi en sy passievolle luiperd projek kan nou op
internet, wêreldwyd gevolg word. Shayamanzi is die Zoeloe woord vir: "slaan die
water."
JANNIE
PARSONS
Sedert 1989 het ek
tesaam met my vrou Issie en my kinders; Bennert en Izelle baie ervarings op Shayamanzi
beleef. Baie mense het my al gevra om dit wat ons op die plaas beleef op skrif, foto's en
video's te plaas. Dit wat jy lees, hoor en sien is 'n produk van my beskeie opinie en
beperkte kennis. Al kom dinge maar krom en skeef uit hoop ons as gesin dat u ten minste ons
passie vir luiperds en wild sal deel. Dankie vir u bydraes. Jou volgehoue bydrae en besoeke
aan die webtuiste is 'n kompliment vir die produk wat ons
skep.
Geniet
dit!
"The Eyes
of Secrets"
Shayamanzi's song to save leopards