|
|
|||||||
|
Oor OnsHOME » Oor OnsSHAYAMANZIDie wildsplaas konsep in Suid Afrika is ´n unieke wêreldkonsep. Shayamanzi is ´n privaat wildsplaas in die Waterberge. Die wildsplaaslewe op Shayamanzi en sy passievolle luiperd projek kan nou op internet, wêreldwyd gevolg word. Shayamanzi is die Zoeloe woord vir: "slaan die water."
JANNIE PARSONSSedert 1989 het ek tesaam met my vrou Issie en my kinders; Bennert en Izelle baie ervarings op Shayamanzi beleef. Baie mense het my al gevra om dit wat ons op die plaas beleef op skrif, fotos en videos te plaas. Dit wat jy lees, hoor en sien is ´n produk van my beskeie opinie en beperkte kennis. Al kom dinge maar krom en skeef uit hoop ons as gesin dat u ten minste ons passie vir luiperds en wild sal deel. Dankie vir u bydraes. Jou volgehoue bydrae en besoeke aan die webtuiste is ´n kompliment vir die produk wat ons skep. Geniet dit! |
|
|||||