Luiperd misterie

HOME » Bladsye » Luiperd misterie

 

23 Maart 2012 | Leopard Freedom

Luiperdsoektog: leidrade

www.leopard.tvWanneer die nag daal, breek die kompeterende voordeel-tyd vir luiperds aan. Aasdiere en roofdiere hou mekaar dop en is gewoonlik nie ver van mekaar af nie.

Hier in Leopard Freedom, ´n 10 hektaar kamp, is rooibokke, sivetkatte, voëls, ens, maar nog nie luiperds soos in Leopard Kingdom se 1 hektaar kampe nie.

Hier het ons dus ´n situasie waar die soektog na luiperd-leidrade geantisipeer en afgelei kan word, maar nog nie bevestig is nie. Die sivetkatte gee wel ´n goeie rede, soos om onder die wind uit die lang gras in te kom na die water toe.

Dit is asof die hamerkopvoëls en sivetkatte in die video aanvoel dat die kamp veilig is, en die hamerkoppe selfs in die donker na kos soek in die potensiële risiko-omgewing. Dit sal interessant wees om die gedrag van hamerkoppe ná sononder na te vors.

 

 
 
 

 

24 Maart 2012, 7:40 vm | Leopard Network

Luiperdsoektog: leidrade

www.leopard.tv Die afgelope sowat 23 jaar op Shayamanzi is die begin van Mei gewoonlik die tyd wanneer luiperds skielik baie aktief raak.

Dit is situasies soos dié, wanneer twee rooibokramme hulle waaksaamheid verslap deurdat hulle te veel op mekaar fokus ten einde die ooie as prys te kry, dat hulle luiperds se prooi word. Ontleding van luiperdmis toon dat rooibokke ´n groot deel van luiperds se dieët uitmaak.