Existing
subscribers:


Forgot password

22.2. Natuur Artikels

TERUG
HOME » Tuisblad » 22.2. Natuur Artikels

 

Geologiese voetspore - kapsules van tyd

19 Julie 2013

www.leopard.tvVir baie mense is ‘n rots net ‘n harde voorwerp waarteen jy jou toon mag stamp. Vir die kenner kan rotse egter talle verhale vertel omdat hulle die geskiedenis van die Aarde weerspieël. Sodanige kennis toon die gevolge van veranderings in die omgewing van die Aarde baie miljoene jare voordat die mens op die Aarde verskyn het.

In die Waterberg sien ‘n mens met die eerste oogopslag net ‘n rotsmassa wat hoofsaaklik uit stapels diep-rooi rotse en kranse bestaan. Nadere ondersoek toon egter dat elke rots uit ‘n konglomeraat van versteende sediment en spoelklippe bestaan wat in water gevorm het. Dit is eers wanneer ‘n mens begin besin oor waar, wanneer en hoe hierdie sedimente en spoelklippe die rotse gevorm het dat daar ‘n hele verhaal ontvou. Die Waterberg se gesteentes vertoon ook ‘n verwantskap met ander sedimentêre geologiese formasies in die Soutpansberg, Olifantshoek in die Noord-Kaap en Rehoboth in Namibië en dui op ‘n soortgelyke oorsprong... (Om meer te sien en lees word ´n Groen intekenaar)

 

Verwysings

Anon 2013. Tsingy de Bamaraha Strict Nature Reserve. http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Tsingy_de_Bamaraha_Strict_Nature_Reserve&oldid=548461412

Anon 2013. The Pinnacles (Western Australia). http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=The_Pinnacles_(Western_Australia)&

McCarthy, T & B Rubidge 2005. The story of Earth & life. Kaapstad: Struik Nature.

Walker, C & J du P Bothma 2005. The soul of the Waterberg. Houghton: Waterberg Publishers & African Sky Publishing.

Deur: Prof J du P Bothma

 

Kliek hier om liedjies, videos en foto's te koop

 

 


 

 

Lewende brokkies van vroeë lewe in Australië

28 Junie 2013

www.leopard.tvDie mens het al heelwat oor lewe op die Aarde geleer uit fossiele en lewende brokkies. Die Aardkors bevat ‘n stelsel van tektoniese plate wat gedurig rond beweeg, by mekaar aansluit en weer weg skuif. Op hierdie wyse is daar oor miljoene jare verskeie superkontinente gevorm wat weer verdwyn het sedert Ur vir die eerste keer sowat 3600 miljoen jaar gelede gevorm het. Ur het dele van wat tans Kanada; noordelike Siberië en Groenland; noord-oostelike Antarktika; Indië en Atlantika bevat. Laasgenoemde het dele van Afrika, Australië en Madagaskar bevat. Die superkontinent Gondwana het sowat 600 miljoen jaar gelede gevorm en Australië het eens die oostekant daarvan gevorm met wat nou oostelike Australië is naby die Ewenaar en westelike Australië naaste aan die Suidpool.

Omdat die ys in die Suidpool eers sowat 45 miljoen jaar gelede begin vorm het, net toe Australië die laaste tektoniese plaat was om van Antarktika weg te breek, bevat Australië steeds brokkies van die reënwoude wat Gondwana eens bedek het. Hierdie brokkies reënwoud word tans as Wêreld Erfenisgebiede beskou omdat hulle ’n lewende rekord van vroeë lewensvorme is, ‘n blik op die toekoms gee en brandpunte van biodiversiteit is wat talle skaars  vorme van lewe bevat. Hulle het bly voortbestaan omdat Australië die afgelope 45 miljoen jaar ‘n geïsoleerde eiland-kontinent was.

Die reuse Tweed vulkaan wat vanaf 23 tot 20 miljoen jaar gelede aan die Goue Kus van Australië uitgebars het, het ‘n berg geskep wat sowat 2 km hoog was,  met ‘n krater wat 1 km diep en 40 km in deursnee was, die grootste in die suidelike halfrond. Hierdie gebied ontvang sowat 3000 mm reën per jaar en  bevat brokkies van die eertydse reënwoude van Gondwana met bome soos die Antarktiese beukeboom Nothofagus moorei wat ook eens in Antarktika gegroei het. Die Natural Bridge grot in die Springbrook Nasionale Park in die ou krater bevat een van die geïsoleerde kolonies van... (Om meer te sien en lees word ´n Groen intekenaar)

 

Verwysings:

2012. Shark Bay. http://en.wikipedia.org/wiki/Shark_Bay

McCarthy T and B Rubidge 2005. The Story of Life & Earth. Kaapstad: Struik Nature.

Unesco 2010. The Gondwana rainforests of Australia World Heritage Area (extension to existing property). http://whc.unesco.org/en/tentativelists/5541/

Deur: Prof J du P Bothma

 

Kliek hier om liedjies, videos en foto's te koop

 

 


 

 

Bloekombome – bekende immigrante uit Australiё

23 Mei 2013

Die bloekomboom se naam is waarskynlik afgelei van die Engelse naam bluegum tree vir Eucalyptus globulus wat so ‘n algemene gesig op talle Suid-Afrikaanse plase is en wat nou as ‘n dorstige indringerplant beskou word. Hierdie boomsoort is een van die meer as 700 soorte gomboom wat feitlik uitsluitlik in Australiё voorkom. Die generiese naam Eucalyptus is Grieks van oorsprong en bestaan uit die samevoeging van die woorde eu (goed) en kalyptos (bedek). Die naam verwys na die bedekte blompakkie van Eucalyptus. Die bloekomboom Eucalyptus globulus wat na Suid-Afrika ingevoer is, is vir die eerste keer in 1800 wetenskaplik deur die plantkundige Jacques Labillardiere beskryf op grond van ‘n eksemplaar wat by Rechercebaai in Tasmaniё, Australiё versamel is. Die naam globulus is Latyns vir ‘n bol en verwys na die bolvormige vrugte....

  

Verwysings:

Anon. 2012. Eucalyptus regnans. http://en.wikipedia.org.wiki/Eucalyptus_regnans - laaste wysiging op 31 Desember 2012.

Anon. 2013. Eucalyptus. http://www.en.wikipedia.org/wiki/Eucalyptus  - laaste wysiging op 20 Januarie 2013.

Deur: Prof J du P Bothma